Alexander Hayward, ‘n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Jim Fouché, is verlede Dinsdagmiddag per ambulans na die Mediclinic Bloemfontein vervoer nadat hy tydens die oefensessie in die swembad van onder die water na die oppervlakte gekom het. Hy het waarskynlik konvulsies gehad.
‘n Hospitaalwoordvoerder, Carl Buhrmann, het toe gesê omstanders het hom vinnig uit die water gehaal. Daar is mond-tot-mond asemhaling en hartmassering, oftewel kardio-pulmonêre-resussitasie (KPR), op Hayward toegepas, wat in daardie stadium langs die swembad gelê het.
ER24-paramedici het met hul aankoms noodbehandeling oorgeneem, waarna Hayward weer begin asem haal het. Hy is per ambulans na dié hospitaal vervoer. Buhrmann het verlede week gesê Hayward moes verlede Woensdag in dié hospitaal se waakeenheid sy 15de verjaardag vier.
Mediclinic Bloemfontein se woordvoerder, Barbara Steenkamp, sê Hayward se toestand is steeds kritiek, maar stabiel.
Steenkamp wou nie verder uitwei oor Hayward se toestand nie.
CHRISTAL-LIZE MULLER / OFM NEWS