Ondersteuners trots op Cheetahs

0
119
Jaco Kotze (right) running along with the Toyota Cheetahs centre/ winger, Carel-Jan Coetzee, during a warm-up session against the Griffons. Both Kotze (who is a biokineticist by profession), and Coetzee attended Hoërskool Jim Fouché. PHOTO: MORGAN PIEK

Die Toyota Cheetahs het die afgelope naweek hul vierde agtereenvolgende Pro14-wedstryd gewen nadat hulle teen die Isuzu Southern Kings gespeel het. Dit was maar ‘n naelskraapoorwinning hier teen die einde van die wedstryd toe die Cheetahs met slegs 40 punte teenoor die 36 punte van die Kings geseëvier het. Dit nadat hulle in die 65ste minuut nog 40 – 15 voorgeloop het.

Nietemin was die Cheetahs se ondersteuners tevrede met die span van die Rosestad wil dit voorkom of getalle op die paviljoen groei wanneer dit lyk asof die Cheetahs wen. Bloemfonteiners is vir seker trots op die Cheetahs se vier “wenne”.
Bloemfontein Courant het met ‘n paar ondersteuners gesels.

Jaydee Mellett

Jaydee Mellett van Bloemfontein het gesê dit is baie goed dat die manne vier wedstryde na mekaar gewen het. “Dit kan net beter gaan van hier af. Hulle moet net positief bly en nie gaan grootkop kry nie. Noudat hulle weer op toer gaan, moet hulle net saam speel soos ’n span totdat die eindfluitjie blaas.”

Jeanneri Eloff

Jeanneri Eloff is baie trots op die manne. “Ons almal weet hulle het dit in hulle om ver te gaan as hulle as ’n span saamwerk soos met die laaste vier wedstryde. Baie sterkte met julle toer. Ons weet dat julle ons naam hoog sal hou daar en ons baie trots maak. Ons ondersteun julle, maak nie saak wat nie.”

Johan Coetzee

Johan Coetzee het gesê, “Ek dink dit is ’n span wat niemand ’n kans gegee het nie. Hulle groei en gaan nog die uitspeelrondes haal.”

Leoné Greyling

Leoné Greyling het gesê, “Welgedaan, Cheetahs, met jul ‘winning streak’ en mooi spel. Sterkte met die toer en hou aan wen.”

– Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za