Ondersteuners sȇ hul sȇ oor Cheetahs

0
2814

Dit was aanvanklik net ‘n vae moontlikheid, maar rugbykenners begin al hoe meer glo dat die Toyota Cheetahs wel een van die twee spanne wees wat sy Superrugby-status gaan verloor.

Bloemfontein Courant het met ‘n paar Cheetah-ondersteuners gesels om uit te vind hoe hulle oor die saak voel.

Hans Heinze sê daar is geen twyfel dat die Cheetahs in die slag gaan bly nie. Dit gaan alles net oor geld en die Cheetahs kan nie met die ander 4 grotes meeding nie. Die Vrystaat het nog altyd ongelooflik talentvolle spelers opgelewer. Dié kenmerk kan deur so ‘n besluit ongedaan gemaak word. “Laat die Leeus en Bulle saam ‘n span vorm en gee die Toyota Cheetahs die nodige finansiële ondersteuning om saam te kan praat,” sê Heinze.

Ferdi van Wijk het ‘n interessante mening oor die saak gelug. “Die Jaguares en die Sunwolves het plek gekry in die Supeperrugby-reeks, so as dit so moet wees dat die Vrystaat uitval, moet die span ander kanse gebied word. Die Cheetahs moet die geleentheid gebied word om in ander internasionale toernooie soos die Heineken-beker, deel te neem.”

Johan Coetzee meen die weglating van die Cheetahs gaan ‘n groot slagting tot gevolg hê. “Vrystaat is die teelstasie vir rugbytalent van Suid-Afrika. Dalk is dit tyd dat die Cats weer herleef.”

Johan Grobbelaar sê dit sal ‘n baie hartseer dag vir Vrystaatrugby was as die Cheetahs die trekpas kry. “Die Vrystaat is die voedingsbron van Suid-Afrikaanse rugby. “Skole soos Grey-kollge en HTS, asook die Shimlas, gee spelers die kans om raakgesien te word. As Vrystaatrugby nie meer ‘n krag is nie, wat gee ouers dan nog die rede om hul kinders na daardie skole of na die Universiteit van die Vrystaat toe te stuur?” Bloemfontein is ook gewoond aan ‘n rugbyseisoen wat van Februarie tot einde Oktober duur. Die stad gaan nou ekonomies baie swaar kry.
Tussen die ernstige rugbymanne is daar ook soms ‘n grapjas.

Adriaan Basson sê Bloemfonteiners gaan nie eers agterkom dat die Toyota Cheetahs weg is nie. “Niemand kyk dan rugby daar nie! Die Sharks gaan nou swaarkry, want waar gaan hul nou spelers roof?”

Jeanneri Eloff meen dit is glad nie reg dat so besluit geneem is nie. “Ek weet ons speel nie goed in die Superrugbyreeks nie, maar die Bulle vaar maar self power dié jaar. Die Cheetahs het ‘n reg om in die Superrugbyreeks te speel.”

Donovan Young sê, al is hy ‘n Blou Bul-ondersteuner, stem hy saam dat die Vrystaat Cheetahs dit meer verdien om in die reeks te wees. “Dit is belaglik! Wonder wie gaan Cheetahs vervang? Seker Orlando Pirates.”

Gaan na OFM se webtuiste en teken die versoekskrif teen die besluit dat die Cheetahs uit die reek gehaal word.

Jeretha Oosthuizen