Ondersoekbeampte getuig in Heuwelsig-moordverhoor

0
897

LANI FOUCHÉ

Die polisielid wat die moord op ‘n man van Heuwelsig ondersoek het, was vandag in die getuiebank in die Vrystaatse Hooggeregshof.

Lucas Lebodi het tydens die moordverhoor getuig oor die gru-moord in Januarie vanjaar en hoe die ondersoeke gelei het tot die inhegtenisneming van Lucky Reit en Mohlomi Pii.

Die aangeklaagdes het na bewering ‘n egpaar – 75-jarige Gordon en 67-jarige Annette Bazzard – in hul meenthuis in Lucas Steynstraat in die vroeë oggendure oorval terwyl hulle geslaap het en met messe gesteek het.

Gordon het op die toneel gesterf terwyl Annette veelvuldige meswonde opgedoen het. Reit en Pii het na bewering ná die aanranding op die vlug geslaan met juwele, selfone, bankkaarte en die paartjie se Mercedes-Benz. Hulle is enkele ure later in hegtenis geneem.

Hulle staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord en huisbraak.

Die verhoor duur môre voort.