Ondersoek na NK-polisiebeampte se moord duur voort

0
819
Die Valke se Nomtandazo Mnusi het aan OFM-nuus bevestig dat die polisie hulle ondersoek na die moord van ‘n 28-jarige polisiebeampte van Rosedale by Lenertsville buite Keimoes afhandel.

Dit, voordat die 35-jarige verdagte – ‘n Nigeriese immigrant – op 23 Maart weer in die hof sal verskyn.

Die 35-jarige Emanuel Okafor het sy borgaansoek laat vaar.

Groot getalle inwoners van Upington, Keimoes en Lenertsville het met sy vorige hofverskyning buite die hof betoog ten aanskoue van ‘n swaar polisieteenwoordigheid.

OFM-nuus/Roderick Titus