Onder 16 Cycle span in Nelspruit

0
Onder 16 Cycle span in Nelspruit
Bloemfontein – Die o.16-fietsry-wêreldspan het die afgelope week in Nelspruit deelgeneem aan die TRAC N4-fietstoer.
Die room van Suid Afrika se jong ryers was daar. ‘n Span van 4 ryers het deelgneem aan dag 4 in 5 verskillende wedrenne oor ‘n afstand van om en by 272km met van die stylste klimme wat die ryers nog ooit gery het.

Na elke dag is die wenners van die verskillende truie aangewys soos op die Tour de France. Hulle het met elke skof die podium gehaal en Damean het aan die einde van die toer weggestap met die groen trui (beste sprinter) van die toer. Hy het ook algeheel tweede geëindig vir die geel trui, minder as 12 sekondes agter die wenner van die toer.

Eckhard Binding het 2de geëindig in die koning van die berge-wedren. Dit is n baie groot prestasie vir Bloemfontein aangesien hulle teen topspanne soos Europe Car met 7 fietsryers deelgeneem het. 
 

No posts to display