Omstrede onderwyser kry trekpas by Trompsburg-skool

0
1784

Die voormalige onderwyser van die Laerskool Wilgehof in Bloemfontein wat onlangs in ‘n beheerliggaampos by die Trompsburg Primêre skool aangestel is, se dienste by dié skool is beëindig.

Lenard Mac Kay was weer sedert verlede week in die nuus, nadat die Vrystaatse onderwysdepartement en die EFF aangevoer het dat hy onbevoeg is om met kinders te werk. Mac Kay is in 2014 deur die departement by die Laerskool Wilgehof afgedank nadat hy ‘n ou Suid-Afrikaanse landsvlag en foto’s van die EFF-leier, Julius Malema, langs bobbejane in sy klaskamer vertoon het.

Beheerliggaamvoorsitter van die Trompsburg Primêre skool, Willem Grobbelaar, sê in ‘n verklaring die beheerliggaam en Mac Kay het ooreengekom dat dit in die beste belang van die skool is om sy dienste te beëindig. Grobbelaar sê dit nadat die skool dreigemente ontvang het. – Christal-Lize Muller