OMS Primêr hou netbalkliniek

0
5958
Netbalspelers van Mangaung Primary en Phahamisang Primary het onlangs Oranje Primêr se netbalkliniek bygewoon.

Oranje Primêr kon met die ongelooflike finansiële hulp van Hestony Vervoer ‘n netbalkliniek aanbied vir al die skool se netbalmeisies van graad 1 tot 7 (ongeveer 280 meisies). Die kliniek-aanbieder was Patrys van der Merwe (née Basson), oud-Proteaspeler van Suid-Afrika, wat jaarliks nog aktief netbaltoernooie in samewerking met Elize Kotzé (voormalige Protea-afrigter) aanbied. Die doel van die kliniek was om meisies van die A- tot D-spanne die geleentheid te bied om afrigting van hoogstaande gehalte te ontvang en om Oranje se netbal in die geheel ‘n hupstoot te gee. Oranje was ook bevoorreg om twee skole se o.13-spanne, met hul afrigters, uit te nooi om gratis aan die kliniek deel te neem. Hulle was Mangaung Primary en Phahamisang Primary. Oranje is ook besig om ‘n klere- en skoenprojek te loods vir hierdie twee skole.

Die kliniekaanbieder was Patrys van der Merwe (née Basson), oud-Proteaspeler van Suid-Afrika.
Die kliniekaanbieder was Patrys van der Merwe (née Basson), oud-Proteaspeler van Suid-Afrika.