OMS durf winterwater aan vir Engo

0
781
Skoolhoof, Anne-Marie Klink ( tweede van regs, onder) het met die hulp van ‘n swemring en ‘n paar van die leerders van die gr. 9C- en gr. 9D-klas se ondersteuning haar 25m afgelê.

Die water was koud, maar ons harte warm.” Dit was die woorde van Imke van Wyk, ’n gr. 12-swemmer aan die Hoër Meisieskool Oranje (OMS), wat 20 lengtes geswem het tydens die ysbeerswem-geldinsamelingsprojek vir Engo.

Die skool het einde Augustus die koue winterwater aangedurf vir ’n ysbeerswem-geldinsamelingsprojek wat R105 000 opgelewer het.“Hul gewilligheid om in die koue te swem was hartverblydend.”

n Hele gr. 10-klas en hul onderwyser, Evette Riley, het een oggend, ondanks koue en winderige weer, geswem. Riley se WhatsAppboodskap het gelui: ‘Tot my kids wat nie kan swem nie, was in.’

Een van die groot behoeftes wat deur Engo uitgespreek is, was warm klere vir die kinders. Ons Kinderhuis is ‘n subprogram van Engo wat aan kinders versorging bied.

Bemarker by Oranje, Ruan Bruwer, vertel dat die leerders dit baie geniet het. “Baie van hulle sê dis iets wat hulle nog nooit voorheen gedoen het nie en dat dit vir hulle ’n lekker geesbougeleentheid was.”

Luidens ‘n persverklaring het Oranje se leerders in groot getalle tydens hulle LO-periode een lengte in die skoolswembad afgelê en R30 tot die geldinsameling bygedra. Ook die meerderheid leerders wat nie self geswem het nie, het hulle R30 betaal. Hulle het in totaal R13 939 bygedra.

Oranje se personeellede, waarvan ’n klompie self geswem het, het R945.50 geskenk en die skool het R22 715.50 met borgskappe ingewin.

Die grootste gedeelte van die groottotaal het egter van 25 swemmers gekom. Hulle het elk 20 lengtes afgelê (500 m in totaal) en is per lengte geborg. Hulle het self die borgskappe gewerf en só is R51 400 ingesamel.

Volgens Riley het een van haar leerders wat nie baie selfvertroue het nie, ook die 25 m afgelê. “Ek het vir haar gesê ek is baie trots op haar. Haar antwoord was, sy sy is trots op haarself.”

Sazly Hartzenberg

sazly@mahareng.co.za