E Copy

Date:

Om vir ander om te gee!

Ons is juis in dié tyd bewus van die seer in sommige vroue en kinders se lewens. Huwelike wat stukkend is en verhoudings wat gekenmerk word deur emosionele en fisieke geweld. Hierdie aspek van geweld raak ons almal in Suid-Afrika. Ek het veral hieroor nagedink en besef dat ons leefwereld ’n besondere rol speel in ons opvatting van mense en hoe ons mense hanteer. Die teenoorgestelde van seermaak en geweld is omgee. Omgee vertel die storie van mense wat hulself in ander se leefwereld indink. Dit beteken ook dat jy nie op jouself fokus nie, maar ander se seer en ongemak raaksien. Jy dink jou in die ander se omstandighede in. Jy raak lief vir die ander persoon. Jy sien hulle pyn en hartseer. Jy beleef hulle frustrasies en maak jou hart oop vir die stukkendheid van mense rondom jou. Hierdie omgee is nie van nature deel van jou en my lewe en optrede nie, maar dit is iets wat met tyd groei. Jy moet jouself ook daarin inoefen. Jy ontwikkel ’n denkprosses waarin jy oor die seer van mense dink. Hierdie gedagte moet egter weer oorgaan in aksie en dit beteken “jy begin iets doen”. So luister jy na ander se seer, jy gee ’n donasie, jy gee jou tyd en jy ondersteun organisasies wat mense se seer verstaan. Soms gee jy net ’n glimlag vir die bedelaar op straat. Jy begin dus om op ’n ‘klein’ skaal iets doen!
Moeder Teresa herinner ons aan die volgende: “Jy kan dalk nie groot wonders doen nie, maar jy kan liefde deel met elke klein woordjie en gedagte!”
Ons kan dalk nie die seer van mense minder maak nie, maar ons kan elkeen vandag net probeer om te verstaan en om te gee!

Ds. Stephan van Heerden

Share post:

Popular

More like this
Related

Ondersteun Corban se stamselbehandeling

Corban Pretorius is op die ouderdom van 18 maande...

‘Robin in the Hood’ brings laughs and magic to the Rabbit Studio stage this June

Xander Art Productions, in association with The Rabbit Theatre...

Local short film ‘Vultures’ shines at Cannes

A local short film, “Vultures”, has soared to international...

PROMOSIE: ’n Kwarteeu van kuns en kultuur: Vrystaat Kunstefees vier 25 jaar

In die hart van die Vrystaat vier die Vrystaat...