Olivia gaan steeds van krag tot krag

0
335
Die Olivia-span is van links Eduan de Necker, Dingaan Mosime, Petrus Mokhele, Philip Olivier, Marié Venter, Paul Bartman en Billy van Eeden. FOTO: PIERCE VAN HEERDEN

Die gebruik van sonkragprodukte in Suid-Afrika het die afgelope paar jaar toegeneem en Olivia Energie-oplossings, verskaffer van sonkragprodukte in Bloemfontein en die Vrystaat, vier vanjaar 10 jaar van sukses. Dié onderneming is vasbeslote om steeds van krag tot krag te gaan in die toekoms.

Die eienaar van Olivia, Philip Olivier, by Central Media Group se gebou waar hulle sonkragprodukte geïnstalleer het.

Die besigheid se hoofprioriteit is om ‘n verskeidenheid sonkragoplossings vir huise en besighede, asook sonkragpompe aan die landboubedryf, te bied.

“Ons het ‘n baie goeie werkskultuur. Ons glo in dieselfde goed en ons is almal passievol oor sonkrag,” sê Olivier oor die span by Olivia. Hy verduidelik dat toe hy die onderneming in 2009 begin het, die sonkragbedryf baie klein was. Olivia se fokus in die begin was om son-geisers vir huise op plase en in die stad aan te bied. Mettertyd het die publiek se belangstelling begin skuif na sonkragprodukte vir elektrisiteit.

Die UV se lesingsale wat ook gebruik maak van Olivia se sonkragprodukte.

Olivier vertel met baie entoesiasme dat ‘n sonkragstelsel ‘n belegging is wat met verloop van tyd vir mense baie geld spaar. Hy sê die tydsduur om so ‘n stelsel te installeer, hang af van die grootte daarvan. Dit kan enigiets van ‘n paar dae tot ‘n paar maande neem.

In die 10 jaar van Olivia Energie-oplossings se bestaan het die firma al groot projekte in Bloemfontein hanteer soos die installering van sonkrag aan onder meer die Universiteit van die Vrystaat, Central Media Group en verskeie ander besighede in die stad.

Die Giel de Wet-sentrum in Welkom waar Olivia Energie-oplossings sonkragprodukte in 2018 geïnstalleer het.

“Ons onderneming funksioneer hoofsaaklik in Bloemfontein en in die Vrystaat en dit is die plaaslike mark wat ons vir die afgelope 10 jaar so laat uitbrei het,” sê Olivier.

Sazly Hartzenberg
sazly@mahareng.co.za