Oliewenhuis stel Simbamangu bekend

0
Oliewenhuis stel Simbamangu bekend

Die Oliewenhuis Kunsmuseum in Bloemfontein bied die bekendstelling van Simbamangu: Deur die oë van ‘n rooikat aan, sowel as ‘n lesing oor die boek, op Donderdag 16 November om 19:00 aan.

 

Die boek is ‘n gesamentlike poging tussen dr. Nico Avenant, van die Nasionale Museum Mammalogie, en Homo Ambiens Wildbewaring Fotografie, saamgestel deur Roberto Isotti en Alberto Cambone. Hulle missie was om die lewe van een van Suid-Afrika se mees geheimsinnige katspesies, die rooikat, te dokumenteer.

 

Simbamangu ontsluier die komplekse en ingewikkelde skakels in die natuur, sowel as die omstrede rooikat-bestuurstelsels wat in Suidelike Afrika in plek is.

 

Die boek omsluit die lewe van hierdie ontwykende wesens en kombineer dit met meer as 20 jaar se navorsing deur dr. Avenant in ‘n poging om die miskende rooikat beter te verstaan. Diegene wat meer wil leer oor dié wilde Suid-Afrikaanse kat, kan teen 15 November RSVP by oliewen@nasmus.co.za

 

Saamgestel deur Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

No posts to display