OFM verwelkom nuwe omroepers

0
7985
Just Plain Drive-omroeper, Darren Scott.

OFM het pas een van sy oud-personeellede, Gerben van Niekerk, en nuwe lid, Darren Scott, by die radiostasie verwelkom.
Van Niekerk is die nuwe aanbieder van die program Before Dawn, wat weekliks tussen 05:00 en 06:00 op die lug is.
Before Dawn fokus op Suid-Arika se landbou en landbou-aangeleenthede. OFM het iemand benodig met die nodige kennis om landbounuus aan sy luisteraars oor te dra. Van Niekerk se vaardighede maak hom geskik vir hierdie program.
Veteraan-omroeper, Darren Scott, voorheen van Jakaranda FM, 5FM, East Coast Radio en Johannesburg se gewilde 91.9FM, sluit hom ook by die OFM-span aan wanneer hy op 3 Julie aan die stuur van die Just Plain Drive-program wat van 16:00 tot 19:00 uitgesaai word, staan. Hy vervang André Kunz, wat die gewilde Afternoon Delight-program aangebied het en na Johannesburg verhuis.
Nick Efstathiou, hoofbestuurder van OFM, en sy span verwelkom graag vir Gerben en Darren by OFM en wens hulle voorspoed toe. – Jeretha Oosthuizen
info@bloemfonteincourant.co.za