OFM-Dankiedag vir Boere 2020 vereer landbougemeenskap

0
252

Sentraal-Suid-Afrika se landbougemeenskap, veral boere, word vandag vereer deur OFM, die klank van jou lewe.

Hierdie dag word gewy aan die onbaatsugtige onbesonge helde wat hartstogtelik hierdie edele ‘beroep van hoop’ beoefen.

Lindiwe Mtwentula, bemarkingsbestuurder van OFM, sê OFM moedig alle luisteraars aan om van 05:00 tot 19:00 in te skakel om die landbou-ikone te leer ken en te hoor hoe hulle ‘n helpende hand aan hierdie belangrike sektor, wat die hele land voed, kan verleen.

#OFMFarmerDay is die hutsmerk wat op Facebook, Twitter of Instagram gebruik moet word as luisteraars hul dank wil betuig, asook woorde van bemoediging het vir die boere in ons streek, of vir foto’s en video’s wat op hierdie sosiale platforms gedeel kan word. ‘n Stemnota kan via Telegram na 084 222 9497 gestuur word (datatariewe geld).

Soos die diepgaande aanhaling deur Brenda Schoepp lui, ‘een keer in u lewe het u ‘n dokter, ‘n advokaat, ‘n polisieman en ‘n prediker nodig. Maar elke dag, drie keer per dag, het u ‘n boer nodig’. By OFM is ons trots om die boere van Sentraal-Suid-Afrika te ondersteun. Ons harte klop Agri, daarom wil ons ons bydrae lewer om aan die mans en vroue wat in die sektor werk, te wys hoe belangrik dit vir ons en die samelewing is, en om maniere te bevorder waarop mense hulle in tye van nood kan help,” het Mtwentula gesê.

Heidre Malgas

heidre@mahareng.co.za