Ode aan die gewone vrou

0
1397

Mevrou/Juffrou,

‘n Mens sien en lees gedurig in koerante van dorp tot nasionaal van Mevrou of Juffrou Dit of Dat [Mej. Suid-Afrika; Juffrou Bloemskou; Kersiekoningin, ens.], of jy lees van hierdie vrou wat iets vir haar gemeenskap gedoen het of daardie een wat wreed aangerand is, ens., ens. Ek gun hulle dit, want ‘n mens kom nooit iewers sonder harde werk nie.

MAAR Ek wil vandag ‘n medalje toeken aan die gewone vrou. Die vrou wat sonder huishulp moet werk, soggens 5 uur moet opstaan om haar man en kinders reg te kry vir skool en werk, ontbyt op die tafel te kry, die hond kos te gee, die huis net basies netjies te maak, haarself aan te trek, kinders by die skool gaan aflaai en dan nog jaag om self betyds by die werk te wees.
Mev. Gewoon, jy word waardeer en raakgesien.
Dankie

J. G. BOTHA
* Die brief is deur die redakteur verkort.
Stuur briewe na info@bloemfonteincourant.co.za