Oberholster en Guldenpfennig skitter op die baan

0
236
Coreen Guldenpfennig en Guillaume Oberholster FOTO: TEWIE WESSELS

Guillaume Oberholster is weer eens aangewys as die Oud-Studente Sportklub se Sportman van die Jaar. Oberholster het in 2019 en ook in 2020 die tennisenkelspeltitel gewen in die 55+ ouderdomsgroep van die Suid-Afikaanse Nasionale Senior Kampioenskappe, en het in die dubbelspel as die naaswenner geëindig. Hy het ook die Oos-Kaap Senior Ope se 55+ enkel-en dubbelspeltitel ingepalm, en was die naaswenner van die Noord-Gauteng 55+ enkelspel.

Sy goeie spel het daartoe gelei dat hy as die kaptein aangewys is vir die Suid-Afrikaanse mans 55+ tennisspan wat die land verteenwoordig het tydens die Wêreldkampioenskappe in Portugal in Augustus 2019. Obersholster is tans die voorste tenninspeler in die ouderdomsgroep in Suid-Afrika.

Coreen Guldenpfennig is aangewys as Oud-Studentre se Sportvrou van die Jaar, nadat sy ook op die tennisbaan geskitter het. Guldenpfennig het in 2019 die enkelspeltitel verower in die 70+ ouderdomsgroep tydens die Suid-Afrikaanse Senior Kampioenskappe. Tydens die 65+ dubbelspel het sy as die naaswenner geëindig. Sy is tans die voorste damesspeler in die 70+ ouderdomsgroep in die land. – MORGAN PIEK