E Copy

Date:

Nyedimane en Swanepoel eerste in padwedlope

Atlete het mekaar goed opgekeil in die wedloop oor 10 km, wat deur die Martie du Plessis-skool in samewerking met Nedbank Bloemfontein Achilles-klub in Fichardtpark ten bate van die skool se ontwikkelingsfonds aangebied is.

In die mans-wedloop het Transnet se atlete oorheers deur die eerste drie plekke in te neem met Chabeli Nyedimane eerste oor die wenstreep in 30:37. Hy is gevolg deur Sabuel Segoaba en Shardrack Hlabahlaba.

Maryna Swanepoel van Kovsies het stof in die oëvan die ander deelnemers in die vroue-wedloop geskop. Sy het in 40:49 gewen en is gevolg deur haar klubmaat Marietjie Flores en Kehilne Mothibe van Khotso.

Zelda Prinsloo van Kovsies, wat die vrouewedloop 40-49 jaar gewen het, was saam derde in die vroue-wedloop.

Ander wenners is:
Mans 40-49 jaar: Andre van Wyk (Ind); 50-59 jaar Andre Potas (Pentagon Pistol); 60+ jaar: Gert Coetzee (SUT); junior mans: Xolani Madi (Ind).
Vroue 50-59 jaar: Charmaine van der Walt (Ned).

Share post:

Popular

More like this
Related

Schools Update / Skolenuus – 15 May/15 Mei 2025

C&N Sekondêre Meisieskool Oranje: Tennis Die C&N Sekondêre Meisieskool Oranje...

SuperSport se lot kan Celtic laat herleef

Sokkerondersteuners in Bloemfontein sal die oorblywende wedstryde van die...

Mini X throttles up at Tempe

The Bloemfontein Off-Road Club (BORC) is inviting all young...

Cheetahs eye redemption in SA Cup semi-final

The Toyota Cheetahs have their sights firmly set on...