Die Noordwes-Universiteit sê hulle sal alles in hul vermoë doen om te verseker studente en personeel is veilig wanneer hulle volgende week na die instansie terugkeer.
NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê die universiteit het reeds gebeurlikheidsplanne in plek vir die hervatting van klasse Maandag.
Die Ekonomiese Vryheidsvegters het egter gister tydens ‘n toespraak gesê hulle sal verseker alle universiteite landwyd bly gesluit, totdat gratis hoër onderwys ‘n realiteit is.
Jacobs sê al die NWU se planne beskou die veiligheid van studente en personeel as primêre prioriteit.
Jacobs sê hulle sal nie huiwer om reeds bestaande interdikte af te dwing nie.
Intussen sê studente aan die Universiteit van die Vrystaat hulle beplan om eers dié naweek te vergader en dan te besluit of hulle sal toelaat dat die UV Maandag heropen.
Earl Coetzee/Courant-nuus