NW munisipaliteit skors bestuurder en ander

0
296
Die Bojanala Platinum-distriksmunisipaliteit, wat Brits en Rustenburg in Noordwes insluit, het die afgelope week ‘n spesiale vergadering gehou.

Hier is die toekoms van beide die munisipaliteit se bestuurder, Pogiso Shikwane, en die finansiële hoof, Olga Ndlovu, bespreek was. Die twee is geskors nadat ‘n verslag van die uitvoerende burgemeester wat voor die Raad voorgelê is, lig op die bewerings van finansiële wangedrag teen die twee werp.

Daar is ook gesê dat die finansiële wangedrag moontlik die finansiële stabiliteit van die munisipaliteit belemmer het.

OFM-nuus het voorheen berig dat die huidige finansiële situasie van die munisipaliteit gelei het tot die vertraging van die salarisbetalings vir werknemers in September. Werkers in die laer salarisskaal het egter gesê dat hulle hul salarisse ontvang het.

Die munisipaliteit het sewe dae aan Shikwane en Ndlovu gegee om redes aan te voer waarom hulle nie geskors moet word nie.

Verder het die Demokratiese Alliansie (DA) in Noordwes ‘n beroep op die provinsiale komitee vir openbare rekenings gedoen om die politieke leierskap en senior bestuurders van die munisipaliteit dringend te ontbied – om rekenskap te gee van die haglike finansiële toestand van die munisipaliteit.

In Julie is die salaris van werkers vertraag weens die nie-betaling van die billike aandeel uit die provinsiale tesourie.

OFM-nuus/Elsabé Richard