CHRISTAL-LIZE MULLER
Die Universiteit van die Vrystaat se raad is die beskermheer van dié instelling en alle betrokkenes by die UV is in diens van die raad. Juis daarom wil nuutverkose verteenwoordigers in die UV se raad ‘n beduidende verskil maak. Hulle is Vrydag aangekondig. Prof. Johan Grobbelaar, die huidige president van die UV se konvokasie is as konvokasie-voorsitter op die UV-raad verkies, terwyl Christo Dippenaar, ‘n prokureur in Bloemfontein en oud-koshuishoof van Reitz, die nuwe alumi-verteenwoordiger is.
Henry Madlala is onbestrede herkies as alumi-verteenwoordiger van die Qwaqwa-kampus. Grobbelaar, wat ook ‘n kanidaat was vir die alumni-verteenwoordiger in die UV-raad, sê dit beteken vir hom baie om op die raad te dien, omdat ‘n raadslid direk betrokke is by besluitneming rakende kwessies wat verband hou met die UV.
"Dit is ‘n plek waar jy direk inspraak kan hê oor die uitbouing en die funksies van die universiteit." Hy voeg by dat hy enigiets sal doen om die universiteit se voortbestaan en waardes te ondersteun.
Dippenaar sê dit is vir hom ‘n groot eer dat alumni-lede hul vertroue in hom gestel het. Hy sê hy gaan proog om ‘n bydrae te maak om die UV ‘n voorkeurinstelling vir voornemende studente te maak.
Volgens dr. Derek Swemmer, registrateur van die UV, het die verkiesingsproses om drie raadslede onderskeidelik as konovokasie-verteenwoordiger en twee alumni-verteenwoordigers tot die raad te verkies goed verloop. Hy sê die UV is tevrede met die beduidende aantal stemme wat ontvang is.
Die drie nuwe raadslede sal vanaf 1 November vanjaar vir vier jaar op die UV-raad dien.
Die kandidate vir die alumni-verteenwoordiger in die UV-raad was prof. Jackie du Toit, Pieter du Toit, Marius Janse van Rensburg, dr. Anchen Laubscher, Amos Mlonyeni, Mauritz Randlehoff en prof. Oriel Thekisoe.
Die kandidate vir die konvokasie-verteenwoordiger was Pieter du Toit, dr. Anchen Laubscher, prof. Bradley Smith en Louwrens Strydom.