Nuwe studierigtings by Odeion

0
512
Studente van die Odeion Musiekskool kan nou aansoek doen om twee nuwe grade te studier. FOTO: Verskaf

Die afgelope dekade was die Odeion-skool van Musiek (OSM) van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aktief betrokke by die ontwerp van nuwe kwalifikasies en die herstrukturering van bestaande aanbiedings.

Die OSM het die Hoër Sertifikaat in Musiekuitvoering in 2017 ingebring, en ‘n herstruktureringsdiploma in Musiek in 2018 bekendgestel om studente sonder die nodige toelatingsvereistes, vir graadstudies toe te laat en die nodige vaardighede te ontwikkel. Die doel van hierdie kwalifikasies was om inklusiwiteit te bevorder deur toegang tot tersiêre studies te bied aan studente wat op ‘n meer volwasse ouderdom vir die eerste keer musikale vaardighede ontwikkel het.

Vanaf volgende jaar sal die OSM twee nuwe kwalifikasies aanbied, naamlik die Gevorderde Diploma in Operastudies en die Nagraadse Diploma in Musiekuitvoering. Aansoeke is tans oop en sal op 30 September sluit.

Dr. Anchen Froneman, Programdirekteur en Senior Lektoraat by OSM, sê sedert die aanvang van die Hoër Sertifikaat in Musiekuitvoering en die herstruktureringsdiploma in Musiek, het die studente-inname ‘n groot aantal talentvolle student ingesluit. Baie studente in hierdie programme was reeds in hul twintigs, maar kon deur middel van hierdie programme hul talent en passie ontwikkel. Ná voltooiing van die Diploma in Musiek kon die studente dan ‘n graadkwalifikasie in musiekstudies nastreef.

“Die graadprogramme is akademies georiënteerd terwyl die Hoër Sertifikaat in Musiekuitvoering en die Diploma in Musiek vakgerig van aard is,” verduidelik Froneman. “Hierdie teenstrydigheid het gelei tot die ontwerp van die Gevorderde Diploma in Operastudies, om ‘n program te bied waardeur die studente ‘n kwalifikasie op vlak NQF 7 binne ‘n korter tydperk as die huidige bestaande roete kon verkry, wat nog drie of vier jaar studie vereis,” sê Froneman.

Saamgestel deur Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za