E Copy

Date:

Nuwe studiefonds vir studente moet behoorlik beplan word – USAf

“Ons sal moet saamwerk om seker te maak dat dit doeltreffend geïmplementeer word om ’n stabiele omgewing te verseker, spesifiek tydens die registrasie van ons studente.”

Die nuwe studiefonds van R3,8 miljard om studente uit die “ontbrekende middel”-inkomstegroep te ondersteun, moet behoorlik beplan word voordat die geld uitgedeel word.

Dit is volgens prof. Phethiwe Matutu, die uitvoerende hoof van Universiteite Suid-Afrika (USAf).

Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys en opleiding, het op 14 Januarie aangekondig dat die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, oftewel NSFAS, die eerste fase van hierdie Omvattende Studentebefondsingsmodel vanjaar reeds bekendstel.

Die minister het genoem dat 70% van die studente wat befonds gaan word uit die wetenskap-, ingenieurs-, tegnologie- en wiskunde-studierigtings gaan kom.

Die oorblywende 30% sal gebruik word om studente in die geesteswetenskappe te finansier. Die toekenning kan egter aangepas word om studente in te sluit wat in handel-studierigtings of entrepreneursprogramme studeer, sou daar ’n aanvraag in die arbeidsmark daarvoor wees.

Prof. Francis Petersen, Visekanselier en Rektor van die Universiteit van die Vrystaat, en nuwe Voorsitter van USAf se Raad van Direkteure met ingang 1 Januarie 2024, het aan NewzroomAfrika gesê USAf sal nou saamwerk met die departement en NSFAS om dié model doeltreffend te implementeer.

“Ons as USAf sal ons bes doen om saam met NSFAS en die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding te werk, om te kyk hoe ons hierdie model effektief kan implementeer.

Dit is pas aangekondig en ons sal moet saamwerk om seker te maak dat dit doeltreffend geïmplementeer word om ’n stabiele omgewing te verseker, spesifiek tydens die registrasie van ons studente.”

“Ons moet probeer om die vaardighede [by NSFAS, die universiteite en die departement] te gebruik om te verseker dat ons die stelsel van die [huidige] NSFAS-model baie verbeter, om dit beter tot uitvoer te kan bring.

Ek dink nie die benadering [teenoor NSFAS] behoort te verander nie, slegs hoe ons die stelsel beter tot uitvoer kan bring.

“Die nuwe befondsingsmodel, wat ’n leningstelsel is, sal ons egter bietjie mooier moet bedink, want daar sal jy moontlik die SAID moet betrek, aangesien jy van daardie lenings moet verhaal.

Jy moet mense hê wat daardie ruimte verstaan. Dit is een van die aspekte waaroor ek dink USAf ’n bietjie bekommerd is.

Ons sal egter met NSFAS en die departement saamwerk om te sien hoe ons dit doeltreffend kan oplos.”

Anders as die huidige finansiële hulpskema wat studente uit werkersklasgesinne met ’n jaarlikse inkomste van minder as R350 000 teiken, is die nuwe Omvattende Studentebefondsingsmodel gemik op studente wie se gesinne ’n totale inkomste van tussen R350 000 en R600 000 per jaar verdien. Dié groep het nie voorheen vir NSFAS-lenings gekwalifiseer nie. Die fonds sal voor- én nagraadse studente insluit.

Om vir dié lenings te kwalifiseer, moet studente aan die volgende kriteria voldoen:

Studente wie se jaarlikse huishoudelike inkomste tussen R350 000 – R600 000 is;

TVET- en universiteitstudente;

Voorgraadse of nagraadse studente;

70% Wetenskap-, Tegnologie-, Ingenieurswese en Wiskundeprogramme (STEM);

30% Geesteswetenskaplike programme; en

studente wat bereid is om ’n leningsooreenkoms te onderteken.

 Voorwaardes:

  • Studente kan aansoek doen vir die lening in Jaar 1, 2, 3 ens. om verder deur die lening gefinansier te word. Daar word van studente verwag om ’n gemiddelde slaagsyfer van 60% te handhaaf;
  • Studente sal ondersteun word met onderrig, leermateriaal en verblyf; en
  • Studente wat 70% of meer as ’n gemiddelde persentasie binne die voorgeskrewe tyd behaal, sal op aanvraag ’n 50%-vermindering op hul lening kry.

Die lenings sal deur NSFAS geadministreer word. NSFAS het onderneem om besonderhede oor die volledige implementeringsplan van hierdie leningskema te verskaf ná die matriekuitslae.

OFM Nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...