Nuwe produksie deur Whispers on the Run

0
1612
The Big Bopper en Brooks Hill

Whispers on the Run het die stad aan die praat met hul nuwe konsep, “Live open-air Music Extravaganza”, n vertoning wat op 2 November 2019 sal plaasvind. Stigter van Whispers on the Run Entertainment, Stewart Barlow, het in ‘n onderhoud met Bloemfontein Courant gesê die ononderbroke vertoning van drie uur sal die gehoor op hul tone hou. Alle musiekliefhebbers word genooi om saam met hul gesinne ‘n dag vol van goeie musiek in die tuin te geniet.

Musiekgenres soos blues, soul, Latynse jazz, Cuban, Mexica en salsa sal regstreeks by hierdie geleentheid gehoor word. “Mense kan ‘n gedenkwaardige lys van liedjies verwag, die atmosfeer in Oliewenhuis met die blues- en jazz-toon in die tuin sal sorg vir ‘n uitmuntende geleentheid vir die mense van Bloemfontein,” sê Barlow.

Barlow, wat bekend is vir die opheffing en ontwikkeling van jong en plaaslike talent, het aan Bloemfontein Courant gesê die organiseerders is op soek na jong talent onder die ouderdom van 13 om by hierdie geleentheid op te tree.

Plaaslike gunstelinge soos Brooks Hill, The Big Booper, All-O-Nechia, Es-Star en Gershwin tree op by die Extra Air Music Extravaganza. Die geleentheid vind om 16:00 plaas by The Terrace (Oliewenhuis Back Garden) en kaartjies kos R50 per persoon. Kinders onder die ouderdom van 13 kry gratis toegang.

Vir meer inligting of besprekings, kontak Barlow by 082-881-3261.

PIERCE VAN HEERDEN
pierce@mahareng.co.za