E Copy

Date:

Nuwe Navorsing in Hebreeuse Taal en Kultuur

Sprekers van Suid-Afrika, die VSA, Kanada, VK, Saoedi-Arabië, Zambië, Kongo, Nigerië gaan onlangse navorsing in die Hebreeuse taal en kultuur bespreek.
Die pasgestigte Departement Hebreeus aan die Universiteit van die Vrystaat bied van 27 tot 29 Januarie 2014 ‘n internasionale konferensie aan. Daar sal sprekers van Israel, die Verenigde State van Amerika, Kanada, die Verenigde Koninkryk en Saoedi-Arabië, asook van Suid-Afrika, Zambië, Kongo en Nigerië by die konferensie wees. Die doel van die konferensie is om die klem te laat val op onlangse navorsing in die Hebreeuse taal en kultuur deur internasionale navorsing na die universiteit te bring en deur die belangrikheid van die Afrika-konteks as ‘n konseptuele ruimte vir navorsing oor Hebreeus te onderstreep. Die ryke kulturele erfenis van Hebreeus vind veral weerklank in Afrika deur middel van die Hebreeuse Bybel (Ou Testament).
Sommige hoogtepunte van die konferensie sluit in nuwe navorsing oor die gebruik van antieke Hebreeuse manuskripte deur Jode in die Persiese en Romeinse tydperke as ‘n manier om hulle godsdienstige en etniese identiteit in tye van nood te behou, linguistiese navorsing oor metafore in die Hebreeuse Bybel (Ou Testament), Jode en nie-Jode in die Hebreeuse en Jiddisje geskrifte van die Suid-Afrikaanse skrywer Morris Hoffman, die ontwikkeling van ‘n rabbynse gebed vir reën in die land Israel en in Suid-Afrika, opvoedkundige vooruitgang in die onderrig van Hebreeus in Afrika, en die vertaling van die Hebreeuse Bybel (Ou Testament) as ‘n manier om die VaTsonga kulturele identiteit te hervorm.
Die bestudering van die antieke en moderne Hebreeuse taal en kultuur bied belangrike insigte in die ingewikkelde kulturele situasie van hedendaagse Afrika oor die algemeen, en Suid-Afrika in die besonder. Die gebruik van taal deur godsdienstige en etniese minderheidsgroepe kan ‘n kragtige dryfveer vir identiteit wees in onstuimige politieke realiteite. Godsdienstige tekste kan in ‘n nuwe verband geplaas word om leiding te verskaf in nuwe kulturele kontekste of vertaal word om plaaslike gemeenskappe te verbeter en te bemagtig.

Plek: CR Swart-ouditorium

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...