Nuwe leiers van die Bloemfontein Kinderkoor

0
5305
Keneilwe Motaung (hoofmeisie) en Basetsana Seitshiro (onderhoofmeisie).

Die Bloemfontein Kinderkoor is trots om sy nuwe leiers vir 2016 aan te kondig. Hulle is, links: Keneilwe Motaung (hoofmeisie) en Basetsana Seitshiro (onderhoofmeisie). Die groot uitdaging wat hierdie jaar vir die twee baie talentvolle meisies voorlê, is om die koor en dirigent, dr. Huibrie Verster, te ondersteun wanneer hulle op 23 Junie op ‘n uitgebreide toer na Amerika en Kanada vertrek. Hulle neem onder meer deel aan die XVII Internasionale Kathaumixw-koorfees in Powell River en ‘n optrede word vir Disney World geskeduleer.