E Copy

Date:

Nuwe inspirasie wag op Heidedal

MARICELLE BOTHA

Angelo Mockie, akteur, dramaturg, akademikus en ’n man met ’n groot passie vir die Heidedal-gemeenskap, se droom van ’n gemeenskapsteater het onlangs waar geword toe hy hande gevat het met die UV se Gesondheids- en Welstandsentrum en REACH, ’n nie-winsgewende organisasie wat onder meer met die jeug werk.
Na twee jaar van navorsing en beraadslaging is die Heidedal Gemeenskapsprojek op die been en bring hulle eersdaags hul eerste produksie op die planke. Life Story is deur Mockie geskryf en geredigeer en sal op 11 en 12 Desember by die Norman Doubellsaal in Heidedal opgevoer word.
Die doel van die projek is nie slegs om ’n teaterprogram wat met formele teaterkonvensies werk aan te bied nie, maar ook een wat sosiale verantwoordelikheid ontwikkel. Deur middel van ’n gespesialiseerde program is hul doelwit om basiese lewensvaardighede aan te leer, asook hoe om sosiale kwessies in die gemeenskap aan te spreek.
Mockie vertel trots dat elke akteur wat op die verhoog te sien sal wees in Life Story, ’n inwoner van Heidedal is. Die stuk fokus op hoe die dinamika van die familie elke individu binne die familie raak. “Ouers sê so maklik dat ’n kind slegte goed op straat leer, maar hulle besef nie altyd hoe hulle aksies die kinders beïnvloed nie.”
Hy vertel dat insette van mense wat deel is van die produksie vir hom belangrik is en dat hy graag by hulle hoor wat hulle meening in verband met byvoorbeeld die tema en inhoud is. “Ek wil weet of hulle dink dit relevant is, die inhoud van die stuk voldoende is, ens. So doen ek terselfdertyd ook ’n steekproef oor die inhoud van die toneelstuk.” Wat hy op die uiteinde wil doen is om deur die kunste sekere tipe onderwerpe binne die gemeenskap aan te raak, hetsy deur mense meer bewus maak van die kwessie, of deur mense in te lig oor sekere goed.
Die geselskap sal twee keer per week by die REACH-gemeenskapsentrum bymekaar kom. Woensdae is spesifiek vir die vir die
jeug en Saterdae is almal welkom.
Vir meer inligting oor die projek, skakel Mockie by 072-112-2771 of Patrick Kaars by 082-764-5685.

maricelle@centralmediagroup.co.za

Life Story begin om 19:00. Kaartjies kos R40 en is beskikbaar by REACH, Angelo Mockie by 072-112-2771 of Patrick Kaars by 082-764-5685.

Share post:

Popular

More like this
Related

Filmmakers and activists invited to apply for NFVF GBV screening grants

The National Film and Video Foundation (NFVF) has made...

Water wasted for days in Martindale

A resident reported a water leak persisting for over...

MMM Faces Public Outcry Over Cosafa Tournament

The recent announcement by the Mangaung Metro Municipality (MMM)...

Eunice and Oranje share the spoils

Eunice Girls’ High School will head to Pietermaritzburg this...