Nuwe enkelsnit en toekennings wink

0
Nuwe enkelsnit en toekennings wink
Daniel Wesley FOTO: VERSKAF

Daniel Wesley het geen bekendstelling in Bloemfontein nodig nie.

Die country-sanger – met sy enkelsnit, Rainmaker, sowel as sy Afrikaanse snit, Huis is waar die hart is – kan spog met nog ‘n nuwe enkelsnit, sowel as ‘n rits benoemings vir die Aitsa Toekennings. Die veelsydige kunstenaar, wat in Februarie die Afrikaanse mark betree het, het pas sy nuutste snit, Leef, vrygestel.

Die liedjie se boodskap is dat die lewe baie kort is en dat môre vir niemand gewaarborg is nie. “Hou op uitstel en afstel. Maak daardie kruisie op jou emmerskoplys voor dit te laat is. Leef ‘n bietjie!” sê Daniel.

Hy is onlangs vir die Beste Nuweling, Beste Skrywer, Beste Luisterliedjie en Beste Musiekvideo benoem vir vanjaar se Aitsa Toekennings, wat deur Pretoria FM aangebied word. Die sanger stel ook eersdaags sy eerste UK-snit met die naam Forever (whistle song) bekend. Sy musiek is op alle digitale platforms beskikbaar.

Vir meer, volg Daniel op Instagram by danielwesleyafrica, en op Facebook by Daniel Wesley Africa.

Jeretha Oosthuizen
jeretha@mahareng.co.za

No posts to display