Nuwe boek vir bekroonde skrywer

0
78
Skrwyer, Jaco Jacobs. FOTO: VERSKAF

Die welbekende skrywer van 288 kinder- en jeugboeke Jaco Jacobs het onlangs sy nuutse boek vrygestel.

Dit verskyn vandeesmaand en die skrywer is nogal opgewonde daaroor. Jacobs, wat al langer as twee dekades in Bloemfontein woon, noem dat hy sy inspirasie kry as hy met lawwe konsepte rondspeel.

“Wanneer ek iets raaksien wat my storievoelers prikkel, dan vra ek gereeld vir myself vrae soos: ‘Wat as ’n doodgewone onderwyser snags in ’n weerwolf verander? Wat as ’n ouma besluit sy wil haar eie rockgroep begin? Wat sou ek doen as ek my eie monsterbakkie kon hê?’ Dis verskriklike groot pret om met dié soort idees rond te speel en dan ’n storie daarmee te bou,” noem Jacobs.

Jacobs se nuutste vrystelling, Monsterhare, gaan oor ’n jong seun wat droom daarvan om ’n haarkapper nes sy oupa te wees.

Monsterhare is Jaco se nuutste boek. FOTO: VERSKAF

Eendag ontdek die jong seun ’n groot geheim, sy oupa se kliente is almal monsters! “Jip, selfs weerwolwe, vampiere en Medusa moet soms ’n haarsalon besoek – met baie snaakse gevolge,” lag Jacobs.

Jacobs het al van jongs af boeke vrygestel, sy eerste boek Troetelgedrog het sy debuut gemaak toe hy 21 jaar oud was. “Dit was ’n asemrowende ervaring om daardie eerste boek in my hande te kon vashou.

“Ek onthou egter ook ek was baie benoud dat niemand dit sou koop nie!” Nou stel Jacobs boeke vry soos Monsterhare, Flaffie, Maltrap en soveel meer.

Monsterhare kan by alle goeie boekwinkels en aanlyn by die meeste plaaslike boekhandelaars bestel en gevind word.

Abigail Visagie

abigail@mahareng.co.za