
Die top- akademiese presteerders van die Hoërskool Fichardtpark het vanjaar van 17 tot 20 Augustus ‘n toer na die Oos-Kaap onderneem. Daar is ook onder andere besoek afgelê by SAMREC (SA Marrine Rehabilitation Centre). In hierdie stadium was die organisasie juis besig om pikkewyne te red wat deur die oliestorting in Algoabaai geraak is. Die Fichies het besluit om die reddingspoging te ondersteun deur ou handdoeke uit hul gemeenskap in te samel. DSV Distribution (Bloemfontein-tak) het hierdie poging ondersteun en onderneem om die handdoeke gratis by SAMREC in Port Elizabeth af te lewer.