Nuus uit Eduplus Onafhanklike Skool

0
2710

Tydens die nasionale Santam kunskompetisie het Eduplus weer uitstekend gevaar. Veertien leerders se kunwerke is gekies vir die uitstalling. Miké Nel se werk is gekies vir die Santam- kunskalender.Voor, van links is: Wihan Schoeman, Miké Nel, Rea Phokoje, en Betse Motshabi. Middel: Hussain Mostafa, Danielle Ceronio, Marcu Britz, Melissa Pieterse, en Johanco Greyvenstein Agter: Miguel Ribeiro, Wicus van der Walt, Adriaan Barnard, Stephanie Killian (kunsonderwyseres), en Lintle Moletsane (Christiaan Terblanche is nie op die foto nie).

Die Eduplus-skoolkoor het op 22 Oktober saam met Rocco de Villiers opgetree in die NG Kerk Universitas. Hy het sy onlangse CD bekendgestel. Hier is Rocco saam met die Eduplus- skoolkoor.