Noordwes-polisie arresteer meer as 700 mense

0
793

SABRINA DEAN – Noordwes-polisie het meer as 700 verdagtes in hegtenis geneem die afgelope week vir misdade insluitend moord, aanranding, dwelmverwante misdaad en dronkbestuur.
Polisiewooordvoerder Sabata Mokgwabone sê polisie het ook daarin geslaag om selfone, vuurwapens, ammunisie, onwettige sigarette en ander gevaarlike wapens te konfiskeer tydens verskeie operasies. Hy sê die provinsie se howe sal vandag besig wees want die meederheid van die verdagtes sal na verwagting vandag verskyn.
Intussen is polisie steeds soek na twee verdagtes in verband met twee aparte insidente. In die eerste geval soek polisie ‘n man in verband met poging tot moord na hy ‘n man geskiet het in sy huis in Taung. Die slagoffer is in die Taung-distrikhospital opgeneem en is volgens Mokgwabone in ‘n stabiele toestand.
In Mmabatho ondersoek polisie ‘n moordsaak na ‘n 30-jarige man doodgesteek is tydens ‘n bakleiery by Makhubung-nedersetting  Saterdag. Die verdagte het gevlug.