Noorde kry nuwe Buurtwag

0
3758
Noordelike Buurtwag se Reaksie kar geborg deur Senforce.

Hoewel die Noordelike Buurtwag pas gestig is, het hy reeds begin om ‘n verskil in die gemeenskap  te maak.

Dié buurtwag, wat deur Maryna Jacobs en Florein de Winnaar in samewerking met Senforce gestig is, het al klaar klere, kos en komberse vir die slagoffers van die Knysna-brande ingesamel. Volvo borg die voertuig om die skenkings na Knysna te vervoer.

Die buurtwag is ‘n organisasie uit die gemeenskap vir die gemeenskap, het De Winnaar aan Bloemfoontein Courant vertel. Hulle sien hoofsaaklik om na die veiligheid van die gemeenskap. Hulle bied ‘n 24 uur-diens vir noodreaksie en ry ook patrollie.

“Hoeveel van ons ken nog ons bure? Dit is hoekom ons daar is,” sê De Winnaar. Noordelike Buurtwag is nie net daar om die verskillende areas te help beskerm nie, maar ook om die omgewing skoon te hou.

Daar sal op 19 Junie om 18:00 vir 18h30 ‘n openbare vergardering by Berg-en-Dal NG Gemeente se Kerksaal wees. Die vergardering sal handel oor hoe die buurtwag vorder en wat hy tot dusver vir die gemeenskap beteken het.

Jeretha Oosthuizen