Die jaarlikse uitnodiging om Vrystaatse sportmense te nomineer vir die verskillende kategorieë in die Vrystaatse Sporttoekennings sluit hierdie jaar op 15 Julie 2023. Dus word Bloemfonteiners aangemoedig om hul gunstelling sport helde te nomineer.
Daar is 21 kategorieë wat pryse vir individue, mans, vrouens, mense met gestremdhede, skole, en media insluit.
Toekenningskategorieë is as volg:
- Sport Administrateur van die Jaar
- Sportman van die Jaar
- Sportman van die Jaar met ‘n gestremdheid
- Sportvrou van die Jaar
- Sportvrou van die Jaar met ‘n gestremdheid
- Span van die Jaar
- Nuweling van die Jaar
- Afrigter van die Jaar
- Vrywilliger van die Jaar
- Inheemse Spele Ster van die Jaar
- Provinsiale Federasie van die Jaar
- Ontspanningsliggaam van die Jaar
- Fotograaf van die Jaar
- Joernalis van die Jaar
- Sportster van die Jaar
- “People’s Choice” Sportster van die Jaar
- Skoolspan van die Jaar
- Ontwikkelende Skoolspan van die Jaar
- LUR se Uitnemendheidstoekenning
- LUR se “Lifetime Achiever”-toekenning
- “Fallen Sport Heroes and Heroines”-toekenning, postuum
Nominasies vir die toekennings moet ingedien word by die Vrystaatse Sportfederasie per epos by awards@fssc.co.za voor of op 15 Julie 2023 teen 00:00.
Saamgestel deur Warren Hawkins