Nog ’n tennistitel vir Oranje se meisies

0
2836

Die tennisspan van Oranje Hoër Meisieskool in Bloemfontein se tennisspan het weer ‘n titel op ‘n toernooi teen van die top tennisskole van die land gebuit.

Ondanks die feit dat Oranje drie van sy beste spelers sedert verlede jaar verloor het, het die meisies van Oranje die titel op die Gerrie Brebner-toernooi, wat deur Praal Gimnasium aangebied is, gewen.

Dit is die derde agtereenvolgende jaar dat Oranje die gesogte titel verower en om die kroon te span het Oranje se nommer een-speler, Lize Moolman, ook die toekenning vir die beste wedstryd van die toernooi ontvang.

Sy het dit in haar naelbyt-wedstryd teen Minette van Vreden van die Hoërskool Stellenbosch vermag.

Oranje het in die A-afdeling meegeding en op die toernooi Waterkloof 21-6 geklop en daarna ook 21-1 met die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria (Affies), 19-8 met Stellenbosch, 16-11 met Bloemhof van Stellenbosch en 26-1 met Eunice van Bloemfontein afgereken.

Met die vertoning het Oranje 108 punte opgestapel en is gevolg deur Waterkloof (82), Stellenbosch (81), Bloemhof (79), Eunice (43) en Affies (11).