E Copy

Date:

Nog ’n gesogte eerbewys vir Shimlas-kaptein

GEORG VAN ECK

Oupa Teboho Mohoje, die vurige flank/slot van die Toyota Vrystaat Cheetahs en Shimlas, wat ook vroeër vanjaar as die FNB Varsitybeker se Speler van die Jaar (Player that Rocks) bekroon is, is weer met die toekenning van die Universiteit van die Vrystaat se Senior Speler van die Jaar vereer.

Mohojé het kort daarna ook sy volle Toyota Vrystaat Cheetah-kleure ontvang voordat hy saam met die Vrystaat se Curriebeker-span na Durban vertrek het om die Haaie 2013 Absa Curriebeker-halfeindstryd te pak.

Talle toekennings is op die jaarvergadering die Universiteit van die Vrystaat se Rugbyklub gemaak.

Die Junior Speler van die Jaar is die Bokkie-haker, Jacques du Toit, wat vroeër vanjaar vir die Springbok o.20-span in die Junior Wêreldbeker-toernooi in Frankryk gespeel het.

Rugbysake by die Universiteit van die Vrystaat (UV) verloop klop disselboom met bykans die hele UV Rugbyraad wat onbestrede herkies is.

Marius van Rensburg is weer as voorsitter herkies en met die uitsondering van die klubkaptein sal die dieselfde persone weer aan die stuur van rugbysake by Kovsies wees.

Elandré Huggett, wat die afgelope seisoen met sy vurige spel, op die rugbyveld beïndruk het, is die nuwe Kovsie-klubkaptein en hy het ook die “Big Five”-toekenning ontvang.

Die res van die Kovsie rugbyraad is: President en beskermheer: prof. Basie Verster. Voorsitter: Marius van Rensburg. Onder-voorsitter: prof. Okkie Combrinck. Onder-voorsitter rugbysake: Dougie Heymans. Onder-voorsitter koshuisaangeleenthede: Rocky le Roux. Onafhanklike lede: Ryno Opperman en Andries Mokgotsi.

Bloemfontein Courant het ook reeds berig dat die afrigtingspan van die Kovses se senior spanne onveranderd onder leiding van die direkteur van rugby aan Kovsies, Michael Horak, bly.

Van die ander belangrike toekennings is: FNB Varsitybeker se Voor- en Agterspeler van die Jaar: Erik le Roux en Robbie van Schalkwyk. Irawas se Voor- en Agterspeler van die Jaar: Johan van Niekerk en Erick Colyn.

Een van die gewildste eerbewyse is die Stoetram van die Jaar, wat aan die Vrystaat Cheetah-stut, Schalk (Hond) van der Merwe, gegaan het.

georg@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Bloemfontein Zoo revamp progresses slowly amid budget constraints

Work is slowly progressing at the Bloemfontein Zoo, but...

Maintaining MMM’s 105 burial spaces ‘a mammoth task’

Residents of Bloemfontein have witnessed the deterioration of the...

Boiler breakdown delays patient meals at Universitas Academic Hospital

Patients at Universitas Academic Hospital have faced delays in...

A decline seen in residential burglaries in Mangaung

Residential burglaries in Mangaung have been an ongoing problem,...