Nicci L in die kollig

0
210
Nicola Laubscher

Nicola Laubscher, beter bekend as Nicci L, het onlangs naam gemaak toe sy weggestap het as wenner van ‘n nasionale aanlyn-sangkompetisie.

Die Kollig-kompetisie het in Maart vanjaar begin en Nicola is op 1 April 2021 as wenner aangewys. Dit kom nadat die 19-jarige sangeres teen 21 ander finaliste meegeding het. Met haar aanwysing as algehele wenner in die Naskool-kategorie, stap sy weg met R10 000 kontant en ‘n opname van ‘n musiekvideo en liedjie.

“Toe hulle die e-pos stuur op 1 April, het ons almal eers gedink dis ‘n gekkedag-grap, maar dit was gelukkig nié. Mens is so vol emosie, jy weet nie of jy wil lag en of jy wil huil nie,” sê sy.

In ‘n onderhoud met Bloemfontein Courant vertel sy dat haar geheim tot sukses is om “aan te hou solank jy net werk en glo”. Nicola het tans een liedjie op YouTube beskikbaar, naamlik “For All It Cost”, wat uit haar Al die pad van Bloem-album kom.

Volg Nicci L se reis op Instagram “nicci_l en om haar te bespreek, stuur ‘n e-pos na melinda.laubscher@vodamail.co.za

Pierce van Heerden
pierce@mahareng.co.za