E Copy

Date:

Ngubentombi en motorbestuurder hartroerend gegroet

OWEN KOCK

Die ontslape Vrystaatse LUR vir gesondheid, Fundiswa “Fezi” Ngubentombi, en haar motorbestuurder, Bena Christopher Motaung, is op roerende wyse gegroet tydens ’n gedenkdiens in Bloemfontein verlede week.  Ngubentombi en Motaung is op 2 Desember dood in ’n motorongeluk. Die LUR is as ’n mense mense beskryf deur premier Ace Magashule en hy het gesê dit is moeilik om haar aan die dood af te staan.

Sy is verlede jaar as LUR vir gesondheid aangestel. Ngubentombi was vroeër ook die LUR vir openbare werke en landelike ontwikkeling. Sy was eers ’n onderwyser op Parys en is in 2009 tot die Vrystaatse wetgewer verkies. Van 2003 tot 2006 het sy as ’n wyksraadslid gedien voordat sy van 2006 tot 2009 burgemeester van die Metsimaholo-munisipaliteit was.  In 2008 was sy ’n lid van die provinsiale uitvoerende komitee en die provinsiale werkerskomitee van die ANC in die Vrystaat. Sy was ook ’n lid van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC-vroueliga.

Ngubentombi (47) was getroud met Zandisile Churchill Ngubentombi en die ma van vyf kinders. Haar goeie vriendin Sisi Mabe, die LUR vir openbare werke, het ’n roerende huldeblyk aan Ngubentobi gebring en die familie, en ook die familie van Motaung, sterkte toegewens in die hartseer tyd. “Ek het van die ongelukstoneel na my huis gegaan en gedoen presies wat Fezi sou gedoen het; ek het op my knieë gegaan en gebid. Ek het vir myself en almal van julle gebid. Ek het ook vir die kinders, die regering en die department van gesondheid gebid,” het Mabe in haar huldeblyk gesê.

Ngubentombi was vroeër op die dag van die ongeluk saam met pres. Jacob Zuma en ander ANC-hooggeplaastes op ’n ANC-saamtrek in Qwaqwa en was op pad terug Bloemfontein toe, toe Motaung vermoedelik op die nat pad beheer oor die ampsmotor verloor en op die middelman van die Andries Pretorius-afrit teen ’n pilaar van ’n brug gebots het. Die Mercedes-Benz het met die botsing aan die brand geslaan en Ngubentombi en Motaung is op slag dood.

Verbygaande motoriste het op die toneel gestop en die beseerde Zandi (13) en sers. Tebogo Nqono (38) uit die brandende motor gered. Zandi is steeds in die hospitaal, maar is besig om goed te herstel.Sy sal weer ’n operasie ondergaan om haar brandwonde te behandel. Nqono sterk ook goed aan.

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung Municipality cracks down on crime at Northern Landfill Site

A large-scale operation was recently conducted at the Northern...

Free State roads quieter this Easter; speeding still remains a concern

Road accidents across Bloemfontein and surrounding areas saw a...

Mangaung Metro acts on community needs in updated service delivery plan

The Mangaung Metro Municipality (MMM) outlined its strategic roadmap...