NG Kerk LHP doen deel vir gemeenskap

0
1078
Ds Riaan Stander wat saam met die NG LHP inisiatiewe aangepak.

Een van die tragiese gevolge van die grendeltyd was hongersnood en verskeie inisiatiewe is landwyd geloods om kospakkies uit te deel vir mense in nood. Die NG Kerk Langenhovenpark in Bloemfontein doen steeds sy deel vir die gemeenskap deur ‘n skoonmaak-aksie, wat daartoe gelei het dat ander inisiatiewe aangepak is.

Volgens ds. Riaan Stander van die NG Kerk Langenhovenpark het hulle begin om kruideniersware in te samel vir kospakkies met basiese voedselprodukte. Dit het gelei tot die vraag hoe om dié produkte nie net by hul eie lidmate te kry nie, maar ook by gemeenskappe met groter nood. Stander vertel dat daar mettertyd ‘n tweede behoefte deur hulle geïdentifi seer is: hoe gemaak met die toenemende hoeveelheid rommel wat Langenhovenpark ontsier.

“Ná gesprekke met verskeie rolspelers, word nog ‘n droom ‘n werklikheid toe ons besluit om werkloses te gebruik om die woongebied op te ruim. Gemeentes identifi seer die werkloses om tweeweekliks deel te word van hierdie inisiatief.”

Hy het aan Bloemfontein Courant gesê dat daar sedert Augustus elke twee weke tussen vyftig en tagtig swart sakke vol rommel opgetel word. Besigheide in die omgewing het toe aangebied om die skoonmakers van ‘n gekookte middagete te voorsien. Tydens samesprekings met twee gemeentes van die NG Kerk in Afrika aan die oostekant van die stad, wat plakkersgebiede insluit, is daar toe besluit om twintig gesinne in elke gemeente te identifi seer met behulp van hul kerkraadslede, en sedertdien word veertig gesinne tweeweekliks van kospakkies voorsien.

Mense wat belangstel om betrokke te raak, kan ‘n navraag per e-pos stuur na myposuidf@vox.co.za.

Sazly Hartzenberg
sazly@centralmediagroup.co.za