New Beginnings benodig hulp vir Kerstyd

0
874
Suzanne Peterson, aannemingskontak en openbare koördineerder van New Beginnings, met een van hul hondebabas

Die nie-winsgewende organisasie, New Beginnings, is sedert 2013 in Bloemfontein werksaam en staan bekend vir die goeie werk wat hulle doen om diere te help. Die organisasie benodig dringend hulp van die gemeenskap om fondse in te samel vir die Kerstyd en het met ‘n unieke manier vorendag gekom om ‘n kompetisie aan te bied waaraan almal kan deelneem.

Volgens die president en stigter van New Beginnings, Emain Fourie, benodig hulle fondse om die honde en katte asook ‘n perd in hul sorg oor die feestyd te voer en in hul behoeftes te voorsien. Sy sê dat hulle ook die veeartsrekeninge van die diere in hul sorg moet betaal en die meeste van hulle benodig mediese sorg. Hulle is gered uit omstandighede wat veroorsaak dat hulle sorg nodig het. Daar moet ook seker gemaak word dat die organisasie in die tyd wat kom sal kan help met noodgevalle.

Sy het aan Bloemfontein Courant vertel dat daar baie maniere is om betrokke te raak. Mense kan gaan kyk na New Beginnings se webwerf waarvoor skenkings benodig word. “Om maar ‘n paar te noem: daar is ons skuiling en projekte, ons SMS-lyn wat ondersteuning nodig het, ons pleegprogram warby aangesluit kan word, ons vrywilligersprogram vir 2021, die skuiling kan besoek word en tyd spandeer word saam met ons diere, artikels uit ons wenslys kan geskenk word, ons Facebook-boodskappe kan gedeel word – dit alles om mense bewus te maak van Nuwe Beginnings.”

Fourie sê die reels van die kompetisie  is op die New Beginnings se Facebook-blad. Die sluitingsdatum van die kompetisie is ook verleng tot 21 Desember sodat mense steeds kan deelneem aan die kompetisie en hulle kan ondersteun.

“Mense kan ook ‘n eenmalige donasie vir hondekos gee, aangesien ons in Desember probleme met hondekos het. Ons sal baie nodig hê om ons deur te trek en die diere in ons skuiling te voer. Ons het meer as 50 diere in hierdie skuiling,” sê Fourie.

Vir meer inligting kan mense ook New Beginnings kontak deur ‘n epos te stuur na adoptions@newbeginningscharity.co.za<mailto:adoptions@newbeginningscharity.co.za

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za