Refilwe Mekoa.
Bloemfontein. – Die Nasionale Metaalwerkersunie van Suid-Afrika, Numsa, sê politici en die sakesektor moet vakbonde en die jeug ernstig begin opneem.
Numsa se provinsiale sekretaris vir die Noord-Kaap en Vrystaat, Andile Zitho, sê hierdie partye moet ordentlike werksgeleenthede vir die jeug as ‘n prioriteit begin beskou. Numsa sal vandag regoor die land optogte hou om hierdie kwessie uit te lig.
Zitho sê meer as 3 000 lede van die Vrystaat en Noord-Kaap sal vandag van die Pax Nova-saal in Bloemfontein na die Departement van Finansies stap.