Naweek van mooiste modes in Heidedal

0
864
Yolande Macalagh

Met groot opgewondenheid bied Yolande Macalagh vir die eerste keer op 20 en 21 April 2018 haar Heidedal Fashion Weekend in die saal van die Primêre Skool Heide aan.
Die informele geleentheid begin op Vrydagaand 20 April om 18:00, terwyl die formele geleentheid op Saterdag 21 April om 15:00 plaasvind.
“Die doel van Fashion Weekend is om opkomende modeontwerpers, handelsmerkeienaars, stiliste en modelle die geleentheid te gee om naam te maak en groot te gaan in die modebedryf. Hierdie geleentheid sal ‘n baie goeie platform wees vir deelname aan die Vrystaat-modeweek 2018,” sê Macalagh.
Sy voeg by dat hierdie ‘n jaarlikse modegeleentheid sal wees en as hierdie jaar ‘n sukses is, beplan sy om ‘n besigheid van die Heidedal
Fashion Weekend
te
maak Heidedallers sal die beste modes kan kom
geniet, met lewende vermaak deur kunstenaars soos House of Dirty Shakers, Urban Talent, Rockboyz en Summer Kraalshoek. Macalagh het in 2017 ook ‘n klein modeskou gehou saam met haar Heidedalse eModels-studente. “Ek het besef dat dit my hart baie gelukkig maak om modelle so opgewonde te sien voor ‘n modeskou. Nadat hulle op die loopplank gemodelleer het, kon hulle nie genoeg daarvan kry nie.
“My droom is om daardie selfde opwinding vir soveel ander, wat ook droom om loopplankmodelle te word maar geen ondervinding het nie, te laat beleef! Ek wil hê alle plaaslike ontwerpers moet elke jaar werk vir iets.”
Dit gaan ‘n wonderlike aand wees vir gesinne in Heidedal en die res van Bloemfontein.
Tot soveel as 57 modelle in die klere van verskillende ontwerpers soos Lacodine, Millyminay, Marley G, Donald Flash, Makgosi Creations, Gerhardt Shebe en ook Theo King se skeppings gaan op die loopplank verskyn.
Die kaartjies kos R100 per aand en is beskikbaar by Bon Hotel asook by Macalagh by 078-156-3061.

Zilke Prinsloo
zilke@mahareng.co.za