Naweek van aanbidding by Gospel Workers

0
236
Jonathan Rubain tree Saterdag by Gospel Workers Ministries in Heidedal op.

Hoewel kaartjies uitverkoop is vir die gospelsanger Jonathan Rubain se optrede Saterdagaand by Gospel Workers Ministries in Heidedal, is daar nog volop geleentheid vir mense om deel te neem aan die kerk se Praise & Worship Weekend.
Vrydagaand is daar ‘n Praise & Worship Evening, waar die aanbiddingspanne van vier Heidedalse kerke ook gaan optree. Toegang is gratis, en almal is welkom om dit by te woon.
Saterdagoggend van 10:00 af word ‘n werksessie vir musikante en sangers aangebied. Deelname kos R50 per persoon, wat ‘n ligte ete insluit.
Sondagoggend sal Rubain en sy orkes weer optree tydens die oggenddiens wat om 09:00 begin. – Pieter Delport
pieterd@mahareng.co.za