Ek doen navraag oor Bloemfontein se straatligte. Is dit net sekere straatligte wat afgesit word in die aande of is dit dalk ‘n tegniese probleem? Ek merk op dat sekere strate se ligte vir ‘n paar dae af is en dat ander ligte in die middel van die dag brand? Is dit deel van ons stadsvaders se besparing, deur middel van beurtkrag, of is dit ‘n foutjie wat ingesluip het?
Dankie ook aan die verantwoordelike persone wat sorg vir skoon sypaadjies en vuilgoed wat byna gereeld weggegooi en –gery word.
Dit gaan nie ongesiens verby nie!
Frikkie van Fauna