Nataniël terug op Sand-verhoog

0
641
Nataniël is binnekort in Bloemfontein te sien in sy splinternuwe stuk, Messenger.

Na ‘n lang afwesigheid maak die immergroen Nataniël einde vandeesmaand ‘n welkome terugkeer tot die verhoog van die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein.
Dié keer bring Nataniël ‘n nuwe vertoning, getiteld Messenger, om Bloemfonteiners mee te vermaak.

Messenger, wat op Dinsdag 30 Julie 2019 om 19:30 in die Sand opgevoer word, is ‘n versameling nuwe verhale (in Engels en Afrikaans), oorspronklike komposisies, asook tydlose musiek voorheen gesing deur kunstenaars soos Tom Jones en B.B. King.

Teatergangers kan ook uitsien na ‘n asemrowende garderobe uit die ateljee van ontwerper Floris Louw. Skreeusnaaks, fantasties, nostalgies, spinternuut, ‘n fees vir die fynproewer!
” ‘n Teken, ‘n boodskap, ‘n vermoede, ‘n spreekwoord, ‘n skok, ‘n onhulling, dis hoe lewens verander word, ten goede of ten kwade. Van die vroegste wonderwerke, legendes en mites, tot die nuutste uitvindsels of internetvullis, die grootste deel van die mensdom leef oorweldig deur vrese, giere, moegheid of histerie. In Messenger bekyk Nataniël hierdie sosiale verskynsel wat beide verlam, verras en vernuwe,” lui ‘n verklaring oor die teaterstuk.

Nataniël gaan die Sand du Plessis-teater se verhoog deel met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Peter Auret (tromme).
Daar sal slegs een vertoning van Messenger in Bloemfontein te sien wees, so kry jou kaartjies vroegtydig by Pacofs se besprekingskantoor.

info@bloemfonteincourant.co.za