E Copy

Date:

Nasionale Hospitaal ‘nog nie reg vir NGV’

Toe lede van die Vryheidsfront Plus (VF+) weke gelede besoek aan die Nasionale Hospitaal in Willows afgelê het, het hulle die swak toestand van die hospitaal en gronde opgemerk. Tammy Breedt, VF+ LP, het aan Bloemfontein Courant vertel dat daar algemene verval is weens ’n gebrek aan instandhouding.

“Die omheining aan die agterkant van die hospitaalgronde is grotendeels vernietig en skep ’n verskuilde plek vir enigiemand om die gronde sonder toestemming te betree en te maak soos hulle wil,” het sy verduidelik. “Die gronde en gebou is nie versorg nie, daar lê spuitnaalde, binneaarse toerusting en medikasie rond.

Volgens Breedt is twee geboue, wat as verblyf vir pasiënte se families ingerig moes word, só erg gevandaliseer dat dit in duie gestort het. Groot gedeeltes van dié geboue se mure is ook gesteel. “Dit bevat wel asbes en hou nie net ’n omgewingsgevaar vir die omgewing en die aangrensende buurt in nie, maar ook vir die diewe wat die plate gesteel het,” het sy verduidelik.

Mondli Mvambi, die Vrystaatse woordvoerder van Gesondheid, het aan Bloemfontein Courant vertel dat die departement die VF+ se besoek verwelkom.“Verteenwoordigers van die hospitaal het die VF+ -afvaardiging op die terrein vergesel en uitvoerig gepraat oor die uitdagings wat die hospitaal in die gesig staar,” het hy verduidelik, “veral in areas wat die VF+ genoem het.”

Mvambi het ook genoem dat die gronde gedeel word met die Universitas Akademiese Hospitaal. Daar is aangedui dat verhoogde samewerking tussen die twee fasiliteite die beveiliging van die mediese afvalstoorarea teen diefstal en vandalisme van matrasse en mediese afval sal insluit. Volgens Mvambi is die asbesmateriaal en mediese afval sedertdien verwyder.

“Om toe te sien dat hierdie vandalisme nie weer plaasvind nie, moet die heining om die perseel herstel word en moet daar gereelde patrollies op die gronde gedoen word,” glo Breedt. “Daarna moet gereelde instandhouding en eenvoudige aktiwiteite gedoen word, soos om gereeld die gras te sny en gebreekte vensters te vervang.”

Mvambi verduidelik dat die algemene terrein- en perimetersekuriteit ook aangespreek word om die veiligheid van gesondheidswerkers, die gemeenskap en pasiënte te verseker. “Ons brei ook ons optrede uit om oortreders aan te spreek wat die perseel oortree deur die heining te breek en infrastruktuur te vandaliseer om toegang tot mediese afval vir hul slegte misbruike en gewoontes te probeer bekom.”

Medisyne wat op die hospitaal-terrein
gestort is. FOTO: VERSKAF

Die departement se woordvoerder het bevestig: “Ons wil dit ook duidelik maak dat dit ’n daaglikse bestuursaak is en teen die tyd wat die ondersoek gekom het, was dit reeds op die radar van ons hospitaalbestuur. Wanneer politieke toesig plaasvind, vind dit bestuur in die proses van die implementering van hierdie dinge en die indruk moet nooit geskep word dat dienslewering slegs plaasvind as gevolg van politieke toesig nie.”

Breedt glo dat die toestand van dié hospitaal ’n teken is dat die regering en gesondheidsdepartement nog nie in staat is om die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) toe te pas nie.

“Die infrastruktuur in en om hospitale is van só aard dat dit nie tans die las sal kan dra wat die NGV gaan byvoeg nie,” het sy vertel. “Daar moet eers na die algemene opgradering, instandhouding, en funksionering van hospitale en klinieke aandag gegee word.

“Daar gaan ook gefokus moet word om die werksomstandighede binne-in die hospitaal vir medici te verbeter. Ons verloor daagliks personeel aan die buiteland en die privaat sektor omdat hulle net nie meer in dié omstandighede en met die personeeltekorte kan saamwerk nie.”

 

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Government launches campaign to combat child and teenage pregnancy

The Free State Provincial Government is taking decisive action...

Free State exceeds housing targets despite challenges

The Human Settlements Minister, Thembi Simelane, has committed to...

R6 million allocated for Bloemfontein Zoo revamp

Mangaung Metro targets full reopening by 2028, plans major...

Universitas Hospital unveils first of its kind surgical robotics system

Universitas Academic Hospital has made history with the official...