E Copy

Date:

Nasionale Bloeddiens mik vir 5000 eenhede

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) het hande gevat met die WesKaapse Bloeddiens vir die veldtog “1 Dag – 1 Nasie – 5000 Eenhede Bloed”, met die mikpunt om op Saterdag 13 April 5000 eenhede bloed landwyd in te samel.

“Ons is baie opgewonde om die eerste ‘1 Dag – 1 Nasie – 5000 Eenhede Bloed’- veldtog aan te bied. Ons hoop dat alle Suid-Afrikaners wat geskik is om bloed te skenk, ons op hierdie dag sal ondersteun,” het Marike Carli, Bestuurder: Openbare Betrekkinge, vir die WCBS gesê.

Die Bloeddiens voorspel ’n tekort aan bloedvoorraad vir die wintermaande, wat jaarliks aan die Paastyd en Ramadan toegeskryf kan word. Moslem-skenkers kan byvoorbeeld nie tydens hul vastydperk skenk nie.

“Op die oomblik het ons al die hulp nodig wat ons van huidige en potensiële skenkers kan kry. Boonop vra ons Suid-Afrikaners om gereelde skenkers te word. Deur gereeld bloed te skenk, kan ons maklik veilige voorraadvlakke deur die jaar handhaaf,” het Thandi Mosupye, SANBS se Senior Bestuurder: Bemarking, Kommunikasie en Handelsmerk, verduidelik.

’n Versoek word aan almal gerig wat reeds skenk, asook diegene wat kwalifiseer om te skenk – sit tyd opsy om ander te help. Enigiemand tussen die ouderdomme van 16 en 75, wat meer as 50 kg weeg, gesond is, en wat glo hul bloed is veilig vir oortapping, kan Saterdag tussen 09:00 en 16:00 by Mimosa Mall by die veldtog betrokke raak.

Ander punte in Sentraal Suid-Afrika, waar daar tydens dié veldtog skenkings gedoen kan word, sluit Goldfields Mall in Welkom en North Cape Mall in Kimberley in.

Warren Hawkins

warren@mahareng.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Mangaung parks desperate for attention, maintenance

A post on the popular Mangaung Ratepayers Association's Facebook...

Tariff Hikes, service delivery concerns take centre stage at Mangaung budget talks

Stakeholders in Mangaung gathered at the Bloemfontein City Hall...

MMM working to get FS Stadium upgraded

In an effort to get the Free State Stadium's...

Residents left in muddy situation following weeks of rain

With the rainy season in full swing in Bloemfontein,...