Naptosa verwelkom Motshekga se voorstelle oor skoolhoofde

0
791

Owen Kock

Bloemfontein. – Die onderwysvakbond Naptosa het die voorgestelde norme en standaarde vir skoolhoofde wat deur die minister van basiese onderwys Angie Motshekga aangekondig is, verwelkom.

Die maatreëls het ten doel om aanstellings, kwaliteit, vaardighede, bestuursvernuf en vak-kennis van skoolfhoofde te verbeter.

Die regulasies is Donderdag in die staatskoerant gepubliseer en is oop is openbare kommentaar tot Desember.

Naptosa se Basil Manuel sê die idee om uiteengesette standaarde vir shoolhoofde te hê, is reeds jare onder bespreking.

"Die norms en standaarde vennootskap wat ‘n paar deur die minister gepubliseer is, is seker maar nou ‘n paar rlgyne wat die aanstelling van hoofde gaan beinvloed asook in ‘n mate reguleer. Naptosa werk tans deur die riglyne om seker te maak dat daar niks daarin is wat ons nie aanvaarbaar sal vind nie, maar die standaarde daarin sal ook sekerlik die evaluering van hoofde beinvloed," het Manuel bygevoeg.