Naln hou Boekemark in Ketelkelder

0
393

Bloemfonteiners word uitgenooi om op 1 Junie 2019 van 08:30 tot 12:30 die Vriende van Naln se Boekemark in die ou Ketelkelder te kom besoek.
Dalk verskyn jou gunstelingskrywer se handtekening op die Skrywersmuur in die Ketelkelder!
By dié ope dag kan mense die leefwêrelde van geliefde Afrikaanse skrywers op begeleide museumtoere ervaar en ook heerlike sop geniet.
Daar is ook ‘n spesiale aanbieding vir boekwurms. As jy drie boeke koop, kry jy die goedkoopste een gratis!
Langspeelplate, biografieë, digbundels, resepteboeke, kinder- en jeugboeke, Afrikaanse en Engelse storieboeke is volgens outeur gerangskik.
Die boekemark kan ook elke Maandag van 08:30 tot 12:30 besoek word.
Vir navrae bel Menitza Gutter by 0832642377 óf Ina Rossouw by 0609932027. info@bloemfonteincourant.co.za