Naledi volg in Ziets se musiekspore

0
973

SABRINA DEAN – Elzabé Zietsman doen Bloemfontein more aan met ‘n baie besondere missie.

Die bekende sanger bring een van die jong mense, wat sy vier jaar gelede onder haar vlerk geneem het, om by Kovsies te kom studeer. Naledi Dweba, wat danksy Zietsman se Doily Stigting ‘n kans in die lewe gekry het, gaan hom as musiekstudent inskryf.

Zietsman het die stigting begin om die drome van besonderse talentvolle kinders waar te maak. Sy is vol lof vir Dweba, wat eers op 15-jarige ouderdom met musieklesse begin het.

Die Universiteit van Kaapstad het Dweba ook ‘n beurs aangebied, maar Zietsman sê hy het uiteindelik op die UV besluit.

Zietsman se stigting sorg tans vir verskeie ander kinders, insluitend musikante asook ‘n vyftienjarige seun wat klassieke ballet neem.