Duane Petrus – Die N1-hoofweg naby Winburg in die Vrystaat was gisteraand tussen 18:00 en 22:00 weens ‘n protesoptog gesluit.
Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê verkeer vanaf Bloemfontein en Johannesburg moes onderskeidelik na alternatiewe roetes herlei word.
Volgens Gaobepe het sowat 250 inwoners aan die protes deelgeneem.
Die inwoners was na bewering woedend oor ‘n tekort aan werksgeleenthede en beweer sekere maatskappye en die munisipaliteit belowe werk waarvan niks gekom het nie.
Die protes was vreedsaam.
Die betogers het die N1 verlaat kort nadat die Winburgse polisiestasiekommissaris hulle toegespreek het. Gaobepe sê die situasie is nou weer terug na normal en verkeersvloei op die N1 herstel.